Sedert my webblad in Jul 2007 op die die Net gelaai is het ek baie nuwe vriende gemaak. Ek waardeer al die inskrywings in my gasteboek geweldig asook die opbouende kritiek wat ek ontvang het rondom die skryfstyl in my nuusblad.
Ek het in 2007 nie minder as 211 vertonings gehad nie , en ek is verder ook reeds vooruit bespreek vir 133 vertonings in 2008. Hiervoor is ek ook oneindig dankbaar !
Ek het in my vorige nuusberig gesels oor die beplande DVD Opname met ‘n “Live Band”. Ek het hierdie opname vir eers op ys geplaas aangesien ek tans besig is met die beplanning en opname van ‘n nuwe CD. My opgewondenheid ken geen perke nie aangesien ek tans onderhandel met ‘n borg vir hierdie projek en dat ek ook reeds in beginsel ‘n verspreidingspakket met ‘n groot Platemaatskappy beding het. Ek sal al die detail bekend maak sodra al die dokumentasie afgehandel is.
Die beplande DVD opname sal dan plaasvind wanneer my nuwe CD uitgereik word.
Hou gerus my optrede datums dop om te sien waar en wanneer ons mekaar kan raakloop en sommer lekker kuier en gesels !
Groetnis
Andre G
